16 dae gelede
‘Geen gunsies’
steve bruce Foto’s:getty images  ~ 

OLE Gunnar Solskjaer, bestuurder van Manchester United, maak dit duidelik dat “geen gunsies” vir Steve Bruce en sy Newcastle United-span bewys sal word nie.

Dít is wanneer die spanne vandag in ’n Premierliga-stryd op St. James­’­s Park swaarde kruis.

Bruce en Solskjaer was spanmaats by United toe die Red Devils nog op hulle perch was in die sir Alex Ferguson-era.

Uitlê

“As bestuurders wil ons geen gunsies vir mekaar bewys nie, al was ons destyds spanmaats,” het Solskajer uitgewys.

“Hy (Bruce) gaan sy span uitlê om te wen, en ek beoog om dieselfde te doen.

“So, daar sal beslis geen gunsies van my kant wees nie en ek verwag niks van hom nie,” sê Solskjaer, wat steeds sy eerste oorwinning weg van Old Trafford met United jag.

United, wat tans die 10de posisie beklee, het tot dusver nege doele in sewe wedstryde aangeteken.

Maar Solskjaer-hulle het ook sewe doele afgestaan, wat hulle met ’n doeleverskil van twee los.

Solskjaer het ook erken dis veral op die aanval waar hulle kan verbeter.

“Ek dink ons is net nie goed op die aanval nie. En daar is baie redes daarvoor. Ons voer dinge nie reg uit voor die doelhok nie en sal meer klinies moet wees,” het die breier afgesluit. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters