2 maande gelede
Fury, Joshua boks nou dalk eers in Februarie
Wenspan: Tyson Fury en die promotor Frank Warren in ’n ligte luim.  ~ Getty Images

DIE corona-virus het tot groot ontsteltenis van boks fans ’n stokkie gesteek voor die swaargewiggeveg tussen Tyson Fury en Anthony Joshua aan die einde van die jaar.

Dié geveg word as een van die grootstes in die wêreld beskou en is beslis die grootste in die geskiedenis van Britse boks. Die wenner van dié geveg sal die swaargewigtitels van die wêreld verenig.

Fury se promotor, Frank Warren, sê omdat Fury se rematch met Deontay Wilder na Oktober uitgestel is, bring dit mee dat hy nie weer voor die einde van die jaar sal boks nie.

“Fury moet immers genoeg ruskans kry. Om van hom te verwag om in Desember weer te boks, is net te veel gevra,” het Warren aan die Britse dagblad Express gesê.

Warren sê daar word nou na ’n datum in Februarie gekyk.

Houer

“Dis nou ons volgende opsie. Om reg te laat geskied aan die geveg in terme van promosie is die geveg nie moontlik aan die einde van die jaar nie. Daar is faktore soos oefenkampe en skermmaats wat ook in ag geneem moet word,” sê hy.

Fury is die WBC-kampioen en Joshua die houer van die WBA-, WBO, IBO- en IBF-gordel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters