22 dae gelede
Fury furious oor Joshua bog praat
vet: Anthony Joshua keer vir ’n vale terwyl Andy Ruiz se houe om hom reën. Foto:GETTY IMAGES  ~ 

DIE Britse swaar­gewigbokser An­thony Joshua is besig om ’n gek van homself te maak.

So sê sy landgenoot Tyson Fury nadat Joshua die gehalte van die Duitse bokser Tom Schwarz bevraagteken het.

Fury het Schwarz onlangs in die tweede ronde van hulle geveg in Las Vegas uitgeslaan.

Nadat Joshua grappenderwys gesê het hy moet dalk ook voortaan teen “maklike” teenstanders begin boks, het Fury aan iFL TV gesê Joshua self is onlangs deur ’n oorgewig en onfiks Andy Ruiz in New York uitgeslaan.

“Joshua kon nie vir ’n makliker teenstander gevra het nie.

Ranglys

“Ruiz is op kort kennis­gewing (twee weke) vir die geveg aangekeer en was so vet soos ’n vark.

“Jy kan nie ’n mak­liker teenstander kry as dít nie.

“Waar was Ruiz op die organisasies se ranglys – 15de of 16de?

“Dan sê Joshua boonop Schwarz is nr. 69 in die wêreld.

“Wel, ek het nuus vir hom. Schwarz was tweede op die WBO se ranglys,” het Fury teruggekap.

Fury het sommer ook ’n hou ingekry na Eddie Hearn, Joshua se promotor, wat sê Schwarz is nie goed genoeg om ’n Britse titel te wen nie.

“Natuurlik sal Hearn so sê, want sy goue gans is pas deur ’n vettie verneder.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters