7 dae gelede
Freddie klap die sweep
Unai Emery  ~ Getty Images

FREDDIE Ljungberg, hulpafrigter van Arsenal, is vandag in beheer van sy span vir hul Premier League-wedstryd, maar die vraag is: Wie gaan nou permanent oorneem?

Dit volg nadat Unai Emery en sy afrigtingspan Vrydagoggend gepos is ná die Gunners se 2-1-nederlaag Donderdagaand teen Eintracht Frankfurt in die Emirates Stadium in die Europa League.

Die stadion was reeds leeg, met Arsenal se ondersteuners wat Emery wil uit hê.

Die nederlaag beteken die Gunners het nou in die afgelope sewe stryde geen seges behaal nie – hulle swakste run sedert 1992.

Ljungberg moet nou sy span slaggereed kry om Norwich vandag op Carrow Road te klop.

Die Gunners is tans in die agste plek op die punteleer.

Arsenal kan dalk na Ljungberg draai as daar nie ander opsies is nie. Ljungberg het verlede seisoen met die o. 23-span en ander jeugspanne gewerk, so hy weet presies wat tans in die klub aangaan.

Kandidate

Daar word egter reeds gefluister die voormalige Juventus-baas Massimiliano Allegri wil die Gunners job hê. Hy is egter nie die enigste kandidaat nie, want Arsenal het vroeër in die week reeds met die huidige Wolves-baas, Nuno Espírito Santo, begin gesels.

Ander moontlike kandidate sluit in die voormalige Arsenal-spelers Patrick Vieira en Mikel Arteta.

Die Bournemouth-baas, Eddie Howe, se naam word ook genoem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters