22 dae gelede
Franse nie vandag die favourites
ROMAIN NTAMACK Foto: GETTY IMAGES  ~ 

WATTER Frankryk gaan vandag opdaag?

Dít is die groot vraag wanneer Les Bleus in die Oita Stadion met Wallis in vandag se eerste kwarteindstryd van die World Cup in Japan te doen kry.

Die opbou tot vandag se game was weer ’n mallemeule van omstredenheid in die Franse kamp.

Spelers het weer met die afrigtingspan begin stry oor ’n besluit om ’n speler huis toe te stuur.

Staatmaak

Frankryk het ook nog nie die tipe rugby gespeel wat ’n mens sal laat dink hulle kan deurdring tot die halfeindronde nie.

Nes die Wallabies, wat gister uitgeboender is, is die Franse span een wat staatmaak op individue om iets te spark.

Daar sal weer na spelers soos die jongeling Romain Ntamack, Yoann Huget en Gaël Fickou gekyk word om dinge te laat spark.

Wallis, aan die ander kant, is ’n goed afgerigte span en het oor die laaste paar jaar gewys hy kan druksituasies goed hanteer. Wallis behoort dus dié een maklik te wen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters