22 dae gelede
Fidji laat Ausies skrik
puntetyd: Tolu Latu val oor vir een van sy drieë. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

AUSTRALIË het groot geskrik, maar uiteindelik genoeg gedoen om Fidji met 39-21 in die Sapporo Dome in Hokkaido te klop.

Die Fidjiane het net ná die rustyd ’n voorsprong van 21-12 gehad.

Dit was nadat Waisea Nayacalevu ’n los aangee van Samu Kerevi opgepik en meer as 50 m genael het om te gaan druk.

’n Lang penalty deur Reece Hodge en twee maul-drieë deur Tolu Latu (haker) het egter verseker dat die Aussies hulle pas terug in die wedstryd oopveg.

Will Genia (reserwe-skrumskakel) het ’n reuse-impak in die tweede helfte gemaak.

“Sy invloed, tesame met drieë deur Samu Kerevi en Marika Koroibete (albei gebore Fidjiane), het hulle moedige landgenote se doppie geklink.

Michael Cheika, die Aussie coach, was ’n verligte man ná die wedstryd.

Foute

“Fidji is ’n gevaarlike span. Ons ken hulle goed.

“Dis egter wat ons verwag het. Ons het miskien nie verwag om só ver agter te wees nie.?Ons het vroeg ’n paar foute begaan en dit het hulle toe in die game gebring.

“Ons het ons egter weer compose en ’n back-to-basics strategie gevolg. Ons kon darem die wa deur die drif kry,” het Cheika gesê.

Australië kom nou Sondag teen Wallis in Tokio te staan, terwyl Fidji net ’n paar dae het om voor te berei vir sy kragmeting teen Uruguay Woensdag in Kamaishi City. 

puntemakers

AUSTRALIË – drieë: Michael Hooper, Reece Hodge, Tolu Latu (2), Samu Kerevi, Marika Koroibete; doelskoppe: Christian Lealiifano, Matt To’omua (2); strafdoel: Reece Hodge.

FIDJI – drieë: Peceli Yato, Waisea Nayacalevu; doelskop: Ben Volavola; strafdoele: Volavola (3).


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters