6 maande gelede
Ellis spin magic met SA
DESIREE ELLISFoto: BACKPAGEPIX  ~ 

BANYANA Banyana het vanjaar daardie Madiba-mojo uitgebring in ál wat ’n Suid-Afrikaanse sokker-fan is.

Dis eintlik nodeloos om te sê die prestasies van die nasionale vrouesokkerspan het jou beslis trots laat voel om ’n Suid-Afrikaner te wees.

Boonop was hulle spel só direk, aanvallend en aantreklik, dat jy selfs ’n reminder op jou selfoon geplaas het om seker te maak jy loop nie een van hulle sokkerwedstryde mis nie.

Dis juis waarom 2018 vir Desiree Ellis en haar Banyana Banyana-span beslis ’n geskiedkundige jaar was vanweë hulle onvergeetlike pogings op die sokkerveld.

Ellis het sommer met die intrapslag – en dit as tussentydse afrigter – nuwe rekords opgestel.

Sy is die eerste Suid-Afrikaner wat die Cosafabeker as speler en later as afrigter verower het.

Boonop het hulle die streek-toernooi ook weer suksesvol verdedig.

Ellis het boonop haar vrouespan na hulle heel eerste Wêreldbekertoernooi gelei.

Die skouspel word volgende jaar in Frankryk aangebied.

Dit volg nadat Banyana Ban­yana net-net in die Afrikabeker-eindstryd uitgemis het.

Hulle het by die laaste hekkie vasgeval en is deur Nigerië op penalties gestuit.

Dit was ietwat van ’n anti-klimaks – veral nadat hulle reeds die Super Falcons ore aangesit het tydens ’n groepwedstryd.

Nogtans kan Ellis se magic nie betwyfel word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters