19 dae gelede
Dyantyi se lot ’n ramp vir Bokke
APHIWE DYANTYIFoto: GALLO IMAGES  ~ 

APHIWE Dyantyi se moontlike skorsing van vier jaar weens die gebruik van verbode middels is ’n ramp vir Springbok-rugby.

Dyantyi was goed op pad om een van wêreldrugby se briljantste vleuels te word en is nie verniet ’n paar maande gelede as Wêreldrugby se opkomende speler van die jaar aangewys nie.

Die drie middels wat sy loopbaan ontydig tot stilstand kan bring en wat deur die B-monster bevestig is, is metandiënoon, metieltestosteroon en LGD-4033.

Metandiënoon word verkoop onder die naam Dianabol en is gewild onder bodybuilders omdat hulle vinnig spiermassa aansit en prestasie verbeter.

Puberteit

Metieltestosteroon word gebruik in die behandeling van mans met ’n lae testosteroonvlak en vertraagde puberteit by seuns. Dit word verkoop onder die name Android, Metandren en Testred.

Dis die eerste keer dat LGD-4033 in ’n SA sportman se bloed gevind word.

Dis ook bekend as Ligandrol en help met die herstel en groei van spiere.

Dit word ook as kanker­behandeling gebruik en word op pasiënte gebruik wat met swak spiere sukkel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters