15 dae gelede
Dis drie uit drie!
laat dit juig: Scott Robertson trek los met sy bekende breakdance moves nadat sy span die Superrugbytitel vir ’n derde keer gewen het. Foto’s: GETTY IMAGES  ~ 

WAARNATOE nou vir coach Scott Robertson en sy Crusaders-rugbyspan?

Dis die groot vraag nadat die span van Christchurch gister ’n ongelooflike 10de Superrugby­titel gewen het.

Robertson se span was met 19-3 baas in ’n opwindende en intense final teen die Jaguares.

Dis ook die derde jaar agtereenvolgens dat hulle met die kroon wegstap.

Al lyk die telling dalk nie so nie, was dit goeie outydse titel-beslissende rugby wat gister opgedis is.

Menige toeskouer sal egter voel Jaco Peyper, die SA skeidsregter, het by tye te veel in die guns van die tuisspan geblaas.

Soos gewoonlik het die Cru­saders met moord weggekom, veral deur die hele tyd in onkant-posisies op die verdediging te staan.

Hoe die assistente dit nie opgetel het nie, gaan die verstand te bowe ... Maar genoeg gekla.

Klassieke, klipharde rugby is deur albei spanne opgedis – en met meer geluk kon die gevaar­like Argentyne beslis meer as net hulle drie punte aangeteken het.

Vir talle Crusaders was gister se oorwinning ook die perfekte afskeid.

Kieran Read, Jordan Taufua, Owen Franks en ’n hele paar ander bekendes beweeg nou aan na oorsese weivelde.

Beantwoord

Die Crusaders het egter oudergewoonte reeds gedurende die seisoen vir die toekoms gebou.

Of Robertson steeds die coach gaan wees, is egter ’n vraag wat in die komende maand en weke beantwoord sal word.

Robertson het reeds verskeie kere gesê hy soek daai volgende challenge.

Hy het sy visier op die All Black-pos ingestel, maar vele kenners reken hy kan dalk besluit om, soos ander Kiwi-breiers, eers oorsee sy kennis van coaching uit te brei.

Puntemakers:

CRUSADERS – drie: Codie Taylor; doelskop: Richie Mo’unga; strafdoele: Mo’unga (4).

JAGUARES – strafdoel: Joaquín Díaz Bonilla.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters