18 dae gelede
Dié wat nie wil luister, voel!
gefire: Oleg Shatov (regs) van FC Zenit Saint Petersburg en Alex Song (links). Foto:gallo images  ~ 

DIE voormalige Arsenal-sterre Alex Song en Johan Djourou is onder nege FC Sion-spelers wat gefire is ná die skorsing van die Switserse liga.

Die spelers het geweier dat hulle salarisse aangepas word tydens die onbepaalde opskorting van die Switserse top­liga in dié tyd van Covid-19.

Die afgedankte spelers sluit die klubkaptein, Xavier Kouassi, die voormalige Fulham-middelveldspeler Pajtim Kasami, Ermir Lenjani, Seydou Doumbia, Mickael Facchinetti, Chris­tian Zock en Birama Ndoye ook in.

Die spelers het tydens die onbepaalde opskorting van die Switserse topliga geweier om ’n ooreenkoms vir ’n salarisver­laging te onderteken.

Die Switserse liga is op 1 Maart gestaak nadat die regering byeenkomste van meer as 1 000 mense verbied het.

Sion is agste onder die 10 spanne van die Swiss Super League, en net vier punte weg van die relegasiesone met 13 wedstryde oor.

Sion se president, Christian Constantin, het sowat 40 breiers in diens geneem sedert hy die klub in 2003 oorgeneem het.

Hy was self vir ’n kort tydjie een van hulle.

Die ander breiers sluit die huidige Napoli manager, Gennaro Gattuso, in.

In 2011 is Sion uit die Europa League geskop omdat die klub ’n speler wat nie geregistreer was nie, in die kompetisie gebruik het.

Die klub het sy saak by ’n plaaslike siviele hof ingedien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters