21 dae gelede
Dié katte het g’n keer
voorwaarts: Ramiro Moyano (middel) van die Jaguares vat die Reds se verdediging aan. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIT lyk nou al hoe meer na ’n uitgemaakte saak – die Jaguares gaan Superrugby se Suid-Afrikaanse konferensie wen.

En die Argentynse katte het dit gister weer met ’n uitdruklike statement in Brisbane bewys. Hulle het die Queensland Reds met 34-23 in die Suncorp-stadion geklop.

Dis die Jaguares se derde sege agtereenvolgens op hulle toer van vier weke na Nieu-Seeland en Australië.

En nou kry die Jaguares die gemaklike loting om albei hulle oorblywende wedstryde van die groepfase op tuisbodem te speel.

Dit is wanneer hulle volgende naweek die Sharks in Buenos Aires aandurf.

Die daaropvolgende naweek behoort beslis ’n walk in the park te wees wanneer die Suid-Amerikaners die Sunwolves pak.

Die wedstryd teen die Sharks behoort waarskynlik die bepalende een te wees in wie tuisveldvoordeel vir die uitspeelrondes gaan kry.

Lelik

Die Sharks moet egter nog in Kaapstad besoek aflê vir ’n wedstryd teen die Stormers.

Die spel wat die Jaguares tans opdis, maak dit baie moeilik om te sien hoe hulle uit die eerste plek geskop gaan word.

Die Sharks het ook – nogal in Durban – lelik pak slae gekry by die Suid-Amerikaners.

Daar sal seker nou ook weer uit Australiese geledere opnuut gekla word oor hoe die Jaguares nie in Superrugby hoort nie.

Daar is laas week reeds ’n bohaai opgeskop toe hulle die Waratahs in Sydney geklop het.

Hulle steur hulle duidelik nie daaraan nie, want dit lyk asof die Argentyne uiteindelik die belofte toon wat al sedert hulle toetrede tot die kompetisie in 2016 verwag is.

Dis ook die tweede jaar agtereenvolgens dat die Jaguares ’n Australasiese toer met drie seges afsluit.

Puntemakers:

JAGUARES – drieë: Santiago Carreras (2), Felipe Ezcurra, Julián Montoya, Marcos Kremer; doelskoppe: Joaquín Díaz Bonilla (3), strafdoel: Bonilla.

REDS – drieë: Chris Feauai-Sautia, Jock Campbell; doelskoppe: Bryce Hegarty (2); strafdoele: Hegarty (3).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters