4 maande gelede
Dié Jaguares lyk mos gevaarlik
jeronimo de la fuente van die jaguares val aan.  ~ 

MOENIE die Jaguares voortydig afskryf vir Superrugby-glorie nie.

Die manier hoe hulle die Brum­bies in Buenos Aires in die eerste halfeindstryd met 39-7 afgeransel het, voorspel niks goeds vir die Crusaders vir Saterdag se eindstryd in Christchurch nie.

Die Argentyne, wat in die rustyd reeds gemaklik met 20-7 voor was, het die Brumbies behoorlik van hulle voete af geklap. Hulle het vyf drieë gedruk teenoor een.

Dit is net die Jaguares se vierde seisoen in Superrugby, maar hulle is besig om ’n reus te word.

Toegegee, dit is ’n internasionale span in ’n provinsiale kompetisie, maar hulle verdien lof vir ’n uit­stekende seisoen.

Die Jaguares het feitlik onoorwinlik geword op hulle tuisveld en het boonop op hulle toer in Australasië reeds spiere gebult.

Die arme Brumbies het geen raad gehad teen die aggressiewe en aanvallende benadering van die tuisspan nie en het later onbeholpe voorgekom.

Van die span wat vanjaar sulke goeie rugby gespeel het, was daar skielik niks te sien nie.

Jaguares – drieë: Tomás Cubelli, Tomás Lavanini, Matías Orlando (2), Emiliano Boffelli; doelskoppe: Joaquín Díaz Bonilla (4); strafdoele: Bonilla (2).

Brumbies – drie: Folau Fainga’a; doelskop: Christian Lealiifano.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters