19 dae gelede
Die abuse van refs kan dalk vererger
JOEY KLAASTE-SALMANS Foto’s:GALLO IMAGES  ~ 

DIE abuse van skeidsregters is ver meer as net ’n Wes-Kaapse probleem, maar dit wat tans in dié provinsie gebeur, kan dalk oorspoel na ’n nasionale veldtog.

Klubrugby in die Westelike Provinsie is die naweek die eerste keer sedert eenwording geheel en al gestaak.

Dit volg nadat die WP se skeidsregtersvereniging geen skeidsregter vir enige klubrugbywedstryd aangestel het nie.

’n Lys van demands is van die referees aan die WP-rugbyunie gegee. Die drie Superligas was veronderstel om gister die meeste van hulle stryde klaar te speel. Talle van die klubs het ook nog ’n geleentheid gehad om vir die Top6-uitspeelronde te kwalifiseer.

Daar hang egter ’n donker wolk van confusion oor wanneer hierdie games gespeel gaan word.

Danny Jones, algemene bestuurder vir amateurrugby by WP, wou nie op Son op Sondag se vrae reageer nie.

Klubs in die WP het kennisgewing gekry van ’n spoedvergadering. Dié vergadering vind môre by Nuweland plaas, maar geen sprake van die huidige referee strike word op die agenda aangedui nie.

Die vrae aan Jones wat die onsekerheid onder klubs dalk kan opklaar, sluit in wanneer dié naweek se bepalings gevul gaan word, asook hoe die unie gaan optree teenoor diegene wat die refs abuse.

“Ons wil hê die referees se veiligheid moet eerste prioriteit vir almal raak,” het Joey Klaaste-Salmans, voorsitter van die WP skeidsregtersvereniging, aan Son op Sondag gesê.

“Daar is hopeloos te veel gevalle waar die skeidsregter as punching bag deur spelers, spectators en klubbestuur gebruik word.”

In ander lande word daar swaar neergekom op klubs en unies wat nie die refs respekteer nie.

Een so ’n voorbeeld is ’n voorval wat onlangs in Nieu-Seeland plaasgevind het toe ’n skeidsregter aangerand is. Dít het tydens ’n o. 12-wedstryd in die Counties Manukau-distrik gebeur.

Hierdie saak word dié week afgehandel nadat ’n regter die aanvaller skuldig bevind het.

Closer to home is daar in minstens twee ander unies – die Oostelike Provinsie en Boland – die laaste paar weke ook berigte van referee abuse aangemeld.

In die geval van die Oostelike Provinsie is die beskuldigde, ’n speler van Star of Hope, vir ses maande (24 weke) geskors toe hy in ’n Superliga-stryd met Chesley Daniels, die skeidsregter, handgemeen geraak het. Dié straf sluit egter slegs een maand se rugby in, aangesien die OP se liga oor ’n maand reeds klaarmaak.

CHESLEY DANIELS FOTO VERSKAF

Thando Manana, die OPRU se algemene bestuurder, het intussen bevestig die speler wil teen sy skorsing appelleer. Dit is die lower limit ingevolge die OP se grondwet wat opgelê kan word.

’n Formele klag van aanranding is egter deur Daniels, die skeidsregter, by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters