2 maande gelede
De Haan kraai koning
nederig: Foppe de Haan is ’n diplomaat vir die beautiful game. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIT is nié aldag dat jy in bekende mense se teenwoordigheid sit en nié ’n bietjie star-struck voel nie.

Dít is egter presies wat jou opval as jy in die company van die voormalige Ajax Cape Town coach Foppe de Haan sit.

Dis omdat die 75-jarige sokker­ghoeroe se sukses en fame nie kop toe gegaan het nie.

Sukses

Inteendeel, De Haan is van die nederigste en toeganklikste coaches en individue in die sogenaamde moderne sokkerwêreld.

Vir die res van die wêreld beteken De Haan se kraai nie veel nie, maar in die sokkerwêreld is sy kraai soos dié van ’n koning.

Dis uiters duidelik dat die Nederlander gedryf word deur sukses en om ander te help.

De Haan is ook nie selfsugtig wat sy kennis en vernuf van die beau­tiful game betref nie.

Dis ook juis waarom die Nederlander onlangs sy boek, Foppe de Haan – Een Leven Lang Voetbaltrainer (’n Lewenslange Sokkerafrigter), bekend gestel het.

Dis soos ’n Bybel vir sokkerafrigters en fokus op ervaringe van De Haan se bestuursloopbaan.

De Haan het reeds destyds as jong afrigter sy stempel by Heerenveen afgedruk.

Dit was toe hy die klub van provin­siale vlak tot twee cup finals, sowel as ’n plek in die Uefa Cham­pions League gelei het.

Hy het twee jaar gelede bewys dat sukses geen ouderdom of perke ken nie.

De Haan was 73 jaar oud toe hy die Uefa-kampioenskapsbyeenkoms met die Nederlandse nasio­nale vrouespan gewen het.

“As coach probeer jy elke wedstryd wat jy speel, wen,” het De Haan verduidelik.

Gedagtes

“Maar die waarheid is dat jy nie sal kan nie.

“Wat ek probeer doen het toe ek Ajax afgerig het, was om die land se gedagtes van sokker ’n bietjie te verander, jy weet. Die manier hoe om (vir wedstryde) te oefen en hoe om te speel.

“Ek hoop dat ek darem iets agtergelaat en vir die mense gegee het,” vertel die legendariese De Haan.

Al het De Haan regoor die wêreld gereis, is dit hier by die tip van Afrika waar De Haan van tyd tot tyd net moet kom inloer.

“Ek hou van dinge hier in Suid-Afrika en my vrou óók,” verduidelik De Haan verder.

“Ek het lekker hier by Ajax gewerk en baie goed met die mense hier oor die weg gekom,” het hy afgesluit.

BESTUURSLOOPBAAN

Volle naam: Foppe Geert de Haan

Geboortedatum: 26 Junie 1943 (ouderdom 75)

Geboorteplek: Lippenhuizen (Opsterland), Nederland

SPANNE AFGERIG

1974–1978: VV Akkrum

1976–1977: SC Heerenveen (jeug)

1977–1980: Drachtster Boys

1980–1983: ACV

1983–1985: Steenwijk

1985–1988: SC Heerenveen

1992–2004: SC Heerenveen

2004–2009: Nederland o. 21

2008: Nederland o. 23

2006–2007: Indonesië o. 23

2009–2011: Ajax Cape Town

2011: Tuvalu

2015-2016: SC Heerenveen (tussentyds)

2017– Nederland senior vroue

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters