26 dae gelede
De Goede is lugtig
mogamad de goedeFoto: GALLO IMAGES  ~ 

STELLENBOSCH hoef nie paniekbevange te wees oor hy nog segeloos in die Premierliga is nie.

Een punt ná twee wedstryde is orrait vir die debutant van die Wynland. Sy kaart tot dusver dui ’n gelykop uitslag (0-0) teen Chippa United in Port Elizabeth aan, gevolg deur ’n nederlaag van 0-1 in die derby teen Cape Town City.

Steve Barker, afrigter, en sy troepe verwelkom vandag sy eweknie Eric Tink­ler se Maritzburg United-span vandag na die Athlone-stadion.

En dié keer sal Stellies teen wil en dank moet seker maak hy samel die maksimum punte uit die tuisstryd in. Dis vir sy eie beswil as hy sy status vir volgende seisoen wil behou.

Stellies verwag dat een van sy mees senior spelers met die langste diens, Mogamad de Goede, gebruik sal maak van die tuisgrond.

Dié centre-back het reeds al die highs en lows met die klub beleef toe hulle nog Vasco da Gama was.

Stellies het ’n paar seisoene in die playoffs misgeloop voordat die klub van Vasco in Stellenbosch omvorm het.

“Dit was a lang journey tot hier (in die PSL) en dit gaan voort,” wys De Goede uit.

“Lof aan die klub se eienaars en bestuur vir hulle visie. Ons mayor moet ook bedank word vir haar rol wat sy in ons sukses speel.

Uitgeslape

“Maar natuurlik stop dinge nie hier nie. Die harde werk begin nou eers. Dis belangrik dat jy elke week on top of your game is, soos hulle sê.

“En dít begin by training. Jy moet onthou dat die strikers in die PSL meer uitgeslape is en ek sal daarteen moet waak. Maar ons back onsself,” voeg De Goede by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters