2 maande gelede
Damian beter af sonder Jamie
Damian Willemse  ~ 

JAMIE Roberts se terugkeer na Wallis kan dalk ’n bedekte seën vir die Stormers wees.

Die 33-jarige senter het Donderdag besluit om terug te keer na sy vaderland tydens die nasionale lockdown-periode in Suid-Afrika.

Roberts het hom in Januarie uit Bath by die Stormers aangesluit. Hy sal nie weer kan terugkeer nie.

Die groot nr. 12 wat 94 toetse vir Wallis gespeel en die Britse en Ierse Leeus verteenwoordig het, is deur John Dobson, afrigter van die Stormers, gevra om aan dié Kaapse franchise se agterlyn rigting te gee.

Sy job was om sy ervaring te gebruik om die jonger spelers langs hom, soos Damian Willemse (foto) en Herschel Jantjies, te help.

Uitwerking

In die 10 wedstryde wat Roberts egter vir die Kapenaars gespeel het, het hy nie eintlik veel van ’n verskil gemaak nie.

Inteendeel, dit het die teenoorgestelde uitwerking gehad, veral op die spel van Willemse in die nr. 10-trui. Dié Bok-losskakel is ’n speler wat toegelaat moet word om met meer vryheid te speel.

Met Roberts langs hom was dit ongelukkig nie die geval nie.

Noudat Roberts nie meer daar is nie, sal Willemse genoop wees om sy eie besluite te neem. Hopelik maak dit die pad oop sodat die Stormers se aanval kan verbeter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters