26 dae gelede
Crusaders stof Sunwolves af
IN DIE GAP: Garth April op pad doellyn toe.  ~ Gallo Images

DIE Crusaders is weer die Nieu-Seelandse pasaangeër in dié land se Superrugby-afdeling.

Dié tienmalige kampioen het die Sunwolves Saterdag in Brisbane met 47-14 geklop.

  • nie oor sy Crusaders se vertoning of dissipline nie. Dit was oor Quinten Strange gerooikaart is nadat hy ’n speler van die Sunwolves met die elmboog in die gesig gestamp het.

Sevu Reece is ook minute later gegeelkaart vir die bal opsetlik afklap, met die Sunwolves op die aanval.

Maar selfs met net 13 Crusaders in die laaste 10 minute op die veld kon die Sunwolves die Kiwi’s nie keer om nóg twee drieë te druk nie.

Die Sunwolves verdien egter ’n handeklap omdat hulle veral in die eerste helfte die Crusaders onder druk geplaas en ook twee pragtige drieë gaan druk het.

Garth April se drie ná ’n netjiese skêrbeweging met Rudy Paige was ’n hoogtepunt vir die Japanse span.

Teen rustyd was die telling maar net 14-7 in die Crusaders se guns.

Daarna was dit one-way traffic.

Puntemakers:

CRUSADERSdrieë: Oliver Jager, Sevu Reece (3), Luke Romano, Sione Talitui, Braydon Ennor; doelskoppe: Brett Cameron (5), Fergus Burke.

SUNWOLVES drieë: Ben Hyne, Garth April; doelskoppe: April (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters