3 maande gelede
Covid-19: Bankrotskap dreig in sokker
Foto ter illustrasie  ~ 

SOKKERKLUBS wat nie in die ryk Engelse Premierliga speel nie, vrees nou bankrotskap weens die skrikwekkende corona-virus-pandemie.

Alle sport regoor die wêreld is natuurlik uitgestel weens dié virus. En luidens kenners in Brittanje voel klubs in Engeland se League One, League Two en verder af in sokker se foodchain dit die ergste.

Daar is onlangs aangekondig dat sokker in Europa eers op 30 April hervat sal word – mits die Covid-19-pandemie teen daai tyd al onder beheer is.

Soos sake tans staan, dreig die virus om sportbedrywighede vir die res van die jaar te kniehalter.

Om kleiner weerlose klubs te help, het die English Football League relief packages van £50 miljoen (sowat R1 miljard) vir sukkelende klubs beskikbaar gestel.

“Daar is nog geen duidelikheid oor wanneer die situasie tot ’n einde gaan kom nie en dit is ’n groot concern vir almal,” het Ian Maher, uitvoerende hoof van die sokkerklub Cambridge, gesê.

Toekoms

“Die relief packages is welkome nuus, maar die bedrag waartoe ons toegang het, is eintlik maar relatief klein.

“Ons kyk reeds na maniere om ons uitgawes te sny. Dit beteken moeilike besluite as dit by werk­nemers se toekoms kom.”

Klubs kan nie tans ’n inkomste genereer uit die aanbied van wedstryde nie. Die realiteit is dat som­mige klubs hulle spelers dalk gaan vra om kleiner salarisse te aanvaar – veral as die uitstel van sokker tot die Europese en Engelse somer sal voortduur.

Die Skotse sokkerklub Hearts het reeds sy spelers en werknemers gevra om ’n salarisvermindering van 50% te aanvaar om die klub aan die gang te hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters