16 dae gelede
City lugtig vir Wolves se ‘tande’
pep guardiola Foto: GETTY IMAGES  ~ 

PEP Guardiola, Manchester City se bestuurder, het toegegee sy span moet “on top of” hulle game wees wanneer hulle Wolverhampton Wanderers vandag by die Etihad verwelkom.

City sal egter Nuno Espírito Santo (bestuurder) se span Wolves­ moet troef sonder sy playmaker Kevin de Bruyne.

Dié Belg het City se Cham­pions League-groepstryd teen Dinamo Zagreb weens ’n liesbesering misgeloop.

Bobaas

Volgens Guardiola is die probleem nie te ernstig nie, maar hy wil nie enige kanse met sy talisman vat nie.

“Kyk, Wolves is ’n span wat aanvallende sokker speel en ons sal dit moet counter. Ons sal bobaas moet wees om hulle te stuit,” het Guardiola gesê.

City sal ook sonder John Stones­ moet klaarkom en dié sal eers ná die internasionale onderbreking beskikbaar wees.

Wolves het ook nie die beseringspook ontsnap nie. Hulle striker Diogo Jota is steeds met ’n enkelbe­sering op die kantlyn. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters