22 dae gelede
Chelsea soek Lampard
KEN SY STORIE: Frank Lampard is die gunsteling om Chelsea se nuwe baas te word. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE voormalige Chelsea-middelveldspeler Frank Lampard is nou die gunsteling om dié span se breier te word.

Dit volg nadat die huidige breier, Maurizio Sarri, Chelsea ingelig het dat hy die klub wil verlaat, berig Sky.

In sy eerste seisoen by Stamford Bridge het Sarri Chelsea ’n terugkeer na die Champions League verseker deur in ’n baie goeie derde plek in die Premier League te eindig.

Hy het ook sy eerste groot trofee van sy loopbaan ver­ower deur die Europa League­ in Baku te wen.

Daar is egter nou belangstelling in Sarri se dienste vanaf Juventus, die Serie A-kampioen.

Al het hy ’n meer as voldoende seisoen gehad wat betref die einde van die seisoen-uitslae, het Sarri konsekwent kritiek van ’n groot deel van die klub se ondersteuners ontvang.

Die spelers van Chelsea het Liverpool en Tottenham geklop om in die Carabao Cup-eindstryd te speel, maar is met strafskoppe deur Manchester City getroef.

Fans hou ongelukkig nie van die besit-gebaseerde “Sarri-bal”, wat die klub tans onder die Italianer speel nie.

Nadat Massimiliano Allegri Juventus in Mei verlaat het, verstaan Sky in Italië dat Sarri die klub se hoofkandidaat is om Allegri se pos oor te neem. Dit lyk asof hy nou gretig is om dié pos te aanvaar.

Beplan

Frank Lampard, afrigter van Derby County wat die grootste deel van sy loopbaan by Stamford Bridge deurgebring het, is gekoppel aan ’n terugkeer na die klub as breier.

Volgens Sky Sports News het Lampard met Derby County se base ontmoet om sy seisoen se transfer targets te begin beplan en die groep se prioriteite vir die volgende sokkerseisoen ook agtermekaar te kry. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters