3 maande gelede
Caster sal haar glad nie aan reëls steur nie.
CASTER SEMENYAFoto: GALLO IMAGES  ~ 

CASTER Semenya sal haar glad nie aan die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se reëls steur nie.

Onder geen omstandighede sal sy gedwing word om dwelms te neem om haar testosteroonvlakke te verlaag nie. Sy beplan om nog vir ’n lang tyd aan dié sportsoort deel te neem.

Dié Olimpiese en Wêreldkampioen het Vrydagaand haar 30ste agtereenvolgende oorwinning in die 800 m vir vroue op die Diamond League-byeenkoms in Doha, Katar, behaal.

Semenya se tyd van 1 min. 54,98 sek. was die derde vinnigste van haar loopbaan en die agste van alle tye.

Verbied

Toe sy ná die wedloop gevra is of sy die IAAF se nuwe reëls gaan gehoorsaam, het sy onomwonde gesê: “Hel nee! Dade sê baie meer as woorde en ’n great kampioen sal altyd deliver. Geen mens sal my dwing om op te hou hardloop nie.”

Semenya het ook geen planne om uit te tree nadat sport se arbitrasiehof (CAS) se beslissing nie in haar guns was nie. Ná 8 Mei is sy verbied om aan items soos die 400 m tot die myl deel te neem.

Maar sy hou dik sy sal later vanjaar aan die Wêreldbyeenkoms deelneem. “Dit maak nie saak hoe ek dit gaan doen nie. Wat saak maak, is dat ek daar sal wees.” Sy gaan beslis teen die CAS se beslissing appelleer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters