4 maande gelede
Caster kry kompetisie
keer terug: Caster Semenya neem vandag in Amerika weer aan die 800 m-nommer deel. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

AL KON niemand nog naby haar vinnigste tyd vir die jaar kom nie, kan Suid-Afrika se Caster Semenya vandag kwaai teenstand in haar 800 m-terugkeer verwag.

Die Olimpiese en Wêreldkam­pioen oor dié afstand neem later vandag aan die Prefontaine Classic in Stanford, Amerika, deel.

Semenya sou aanvanklik net aan die 3 000 m deelgeneem het.

Dit was voordat ’n Switserse hof ten gunste van Semenya en haar regspan se appèl teen die arbitrasiehof vir sport (CAS) se bevel beslis het sodat sy weer aan haar gunsteling-items, die 800 m en 1 500 m, kon deelneem.

Die CAS het vroeër vanjaar beslis Semenya en ander vroueatlete met hoe vlakke van die manlike hormoon testosteroon, mag nie aan sekere items deelneem nie.

Pryk

Semenya word gewoonlik as die gunsteling beskou wanneer sy vir ’n 800 m-wedloop aantree, maar dié keer is dit nie ’n uitgemaakte saak nie.

Die Amerikaners Ajeé Wilson en Raevyn Rogers het vanjaar stem dik gemaak en pryk onder die top-ses in die 800 m. Wilson het ’n persoonlike beste tyd van 1:58.83 afgelê – vier sekondes stadiger as Semenya se tyd van 1:54.98 in Doha.

Dominique Scott-Efurd is die enigste ander SA atleet wat aan die Prefontaine Classic gaan deelneem.

Scott-Efurd, wat in Amerika woon en oefen, sal aan die 3 000 m deelneem.

Vuurwerk word egter in die korter items verwag, veral die 100 m. Dis wanneer die Amerikaners Christian Coleman, Justin Gatlin en die Brit Zharnel Hughes sake gaan uitspook.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters