21 dae gelede
Bulls se lot nie meer in hulle hande
MANIE LIBBOKFoto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Bulls kan nog ’n duur prys betaal vir wedstryde wat hulle weggesmyt het.

Ná Vrydag se gelykop uitslag van 22 elk teen die Blues bly nog net ’n wegwedstryd teen die Highlanders en ’n tuiswedstryd teen die Lions oor.

Met baie spanne wat in mekaar se nekke blaas, kan baie dus nog oor die volgende twee weke gebeur voordat die uitspeelrondes aanbreek.

Die Bulls het nogtans sonder sekere van hulle spelbrekers goed gedoen om met ’n gelykop uitslag weg te stap.

Dit was ’n puik poging deur die losskakel Manie Libbok om kort voor die einde te gaan druk en met die doelskop te slaag.

Tog lyk dit nie of Libbok tans met baie selfvertroue speel nie. Dalk probeer hy te hard om Handré Pollard se skoene vol te staan.

Die slot RG Snyman was enduit briljant en is vinnig besig om ’n speler van wêreldgehalte te word.

Paul Schoeman, agsteman, is beseer en is op pad huis toe.

Bulls – drieë: Hanro Liebenberg, Cornal Hendricks, Manie Libbok; doelskoppe: Libbok (2); strafdoel: Libbok.

Blues – drieë: Ofa Tu’ungafasi, Scott Scrafton, Akira Ioane; doelskoppe: Harry Plummer (2); strafdoel: Plummer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters