3 maande gelede
Bulls nou onder groot druk
MYNE! RG Snyman wen ’n lynstaan vir die Bulls. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

DIE Bulls is in die moeilikheid.

Met twee wedstryde teen die Blues en die Highlanders wat in Nieu-Seeland voorlê, is van die spelers boonop van stryk af. Dit voorspel ’n ramp in die volgende twee wedstryde.

Die Brumbies se sege van 22-10 Vrydag in Canberra, het gewys die afrigter Pote Human sit met ’n helse kopseer.

Die heelagter Warrick Gelant is nie ’n skaduwee van die speler wat hy eintlik is nie. Boonop moet daar dringend na senters gekyk word wat Johnny Kotze en, in ’n mindere mate, Burger Odendaal se plekke kan neem.

Hulle is verbeeldingloos op die aanval en is die groot rede waarom Rosko Specman en Cornal Hendricks staan en koud kry op die punte.

Ook Manie Libbok se selfvertroue lyk laag. Hy het te veel foute begaan en opnuut gewys watter leemte Handré Pollard in die span laat.

Odendaal voer die Bulls Vrydag in Auckland teen die Blues aan.

Met Pollard en Duane Vermeulen albei terug in Suid-Afrika neem die druk toe op die Bulls om nie hulle laaste twee wedstryde ook te verloor nie.

Brumbies – drieë: Tevita Kuridrani (3), Irae Simone; doelskoppe: Christian Leali­ifano.

Bulls – drie: Hanro Liebenberg; doelskop: Manie Libbok; strafdoel: Libbok.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters