3 maande gelede
Bulls baas, maar oortuig nie
DRIE! Duane Vermeulen duik oor.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Bulls het gister op Loftus Vers­feld met 28-21 teen die Waratahs gewen, maar hulle lyk steeds nie na ’n span wat die Superrugby-trofee omhoog kan hou nie.

Vrydagaand sal ondersteuners presies sien waar hulle span in die kompetisie staan wanneer hulle op Loftus gasheer speel vir die Cru­saders.

Die Bulls en Waratahs het elk drie drieë gedruk. Die tuisspan het weereens ’n gulde geleentheid verbrou om vier drieë vir ’n ekstra bonuspunt te druk.

Dit bly steeds onverklaarbaar waarom die senters die bal nie vinnig by Rosko Specman kan uitkry nie.

Enorm

Hy smeek vir hardloopspasie, maar dit word hom nie gegun nie.

Duane Vermeulen, die agsteman, was weer uitstaande vir die wenspan.

Sy werkverrigting was nie net enduit enorm nie, maar hy het ook in die 15de minuut ’n onderskep-drie gedruk waarvoor hy 45 m genael het.

Vermeulen is goed ondersteun deur die flank Marco van Staden, die slot RG Snyman en die loskopstut Lizo Gqoboka.

Bulls – drieë: Warrick Gelant, Duane Vermeulen, Simphiwe Mantanzima; doelskoppe: Handré Pollard (2); strafdoele: Pollard (3)

Waratahs – drieë: Nick Phipps, Kurtley Beale, Curtis Rona; doelskoppe: Bernard Foley (3).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters