19 dae gelede
Brits dalk op nr. 8 by World Cup
VETERAAN: Schalk Brits kan in sekere wedstryde by die Wêreldbekertoernooi as agsteman diens doen.Foto:GALLO IMAGES  ~ 

RASSIE Erasmus oorweeg dit om die 38-jarige haker Schalk Brits in sekere games by die World Cup as agsteman in te span.

Die Springbok coach het bevestig hy gaan sy sterkste moontlike span in die opwarmingstryde teen Japan inspan.

Hy het Vrydag voor sy span se vertrek na die World Cup bevestig die groep spelers wat Vrydag teen die gasheerspan in Saitama gaan uitdraf, gaan dieselfde wees as die een twee weke later in die Bokke se eerste game om die Wêreldbeker. Dít is op 21 September teen die All Blacks in groep B.

Hy kan egter ’n speler soos Brits gebruik om van sy losvoorspelers se werkslading te bestuur.

Erasmus verduidelik: “Ek dink die twee spanne wat teen Japan en die All Blacks speel, sal dieselfde spanne wees – behalwe as daar beserings is.

“Dit sal net verander as iemand in die game teen Japan nie goed vertoon nie of ’n besering opdoen.

“Die plan is om ons span wat die beste peil handhaaf, te laat speel. Dit moet die sterkste moontlik span wees sodat ons ons ritme kan opbou voordat ons die All Blacks aandurf.

“Daar is ’n nice blaaskans van twee weke tussen die games.

“Obviously kan niemand die game ligtelik opneem nie. Niemand kan bekostig om swak te speel en verwag om in die beginspan vir die volgende game ingesluit te word nie.

“So, ons is baie seker hoe die span gaan lyk. Ons gaan eers Sondag (vandag) daai span bekend maak sodat hulle gedurende die week hard kan oefen.”

Die Bok-coach beskou die huidige wêreldkampioen steeds as die span wat by die World Cup geklop moet word. Hy is bewus van die ervaring en diepte wat Nieu-Seeland tot sy beskikking het.

“Ek het na hulle squad gekyk. As coach is dit moeilik om ’n World Cup squad te kies, veral as van jou spelers las het van beserings en van hulle ouer as 30 is.

Sukkel

“Wanneer jy baie spelers by ’n World Cup het wat ouer as 30 jaar is, sal jy jou squad baie goed moet bestuur. Dit is veral die geval omdat die games so na aan mekaar is.

“Ek het na die All Blacks se gemiddelde ouderdom gekyk. Daar is ’n paar manne wat oor 30 is.

“Dan is daar ’n ou soos Brodie Retallick wat met ’n skouerbesering sukkel. Hy is ’n belangrike speler vir hulle. Ek verwag egter dat hy êrens in die toernooi fiks sal wees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters