13 dae gelede
Breier glo Italië kán weer kook
luister gou: Roberto Mancini en Leonardo Bonucci maak planne. Foto: GETTY IMAGES  ~ 

ROBERTO Mancini wil Italië weer een van die wêreld se gevaarlikste spanne maak en hy wil môre teen Portugal begin.

Mancini glo slegs selfvertroue is nodig om sy sukkelende Azzurri weer in ’n wêreldklasspan te verander nadat Jorginho Vrydagaand ’n punt vir Italië verdien het in ’n gelykop uitslag met 1-1 teen Pole in hulle Uefa Nasiesliga-wedstryd in groep 3.

Jorginho het ’n penalty met net 12 minute oor aangeteken nadat die Chelsea-middelveldspeler se fout sy voormalige Napoli-spanmaat Piotr Zielinski ’n kans gegee het om Pole die voorsprong te gee – net voor rustyd in Bologna.

Mancini (58) is aangestel nadat die viermalige Wêreldbeker-wenner nie vir vanjaar se Wêreld­beker-toernooi in Rusland kon kwalifiseer nie.

Moeilik

En ná ’n swak begin het goeie substitutions – insluitend die belowende Fiorentina striker Federico Chiesa – die voormalige Inter Milan en Manchester City-breier in staat gestel om sy eerste mededingende wedstryd te red.

“Ek het geweet dit gaan moeilik wees. Hulle is ’n span wat op die oomblik meer selfvertroue as ons het,” sê Mancini.

“In die eerste helfte het ons tegniese foute gemaak, maar in die tweede helfte was die ouens baie goed.”

Italië pak Portugal sonder Cristiano Ronaldo môre in Lissabon.

“Ronaldo is baie sterk, maar sy afwesigheid moet ons nie mislei nie. Portugal is steeds ’n baie goeie span. Hy’s die Europese kampioen en ons moet hom soveel moontlik respek gee.” – SuperSport.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters