3 maande gelede
Boks vanjaar gevul met baie vuurwerk
ZOLANI TETE  ~ 

DIE boksjaar 2018 was een van die bestes die afgelope dekade – en volgende jaar s’n beloof om nóg meer vuurwerk op te lewer.

In die wêreld se swaargewig­afdeling was daar geen tekort aan opwinding en drama nie.

Die Brit Tyson Fury het ná ’n afwesigheid van twee jaar na die kryt teruggekeer en in ’n dramatiese geveg teen die WBC-kampioen, Deontay­ Wilder, gelykop geboks – dít nadat hy net twee opwarmingsgevegte teen onbekende teenstanders gehad het.

Uitgeslaan

Anthony Joshua het ook sy onoorwonne rekord as kampioen van die WBA, WBO, IBF en IBO behou.

Hy het Joseph Parker vanjaar met punte geklop voordat hy Alexander Povetkin uitgeslaan het.

In die super-middelgewigaf­deling is daar steeds geen keer aan Canelo Álvarez nie.

CANELO ÁLVAREZ

Hy het Gennady Golovkin op 15 September met punte geklop en Rocky Fielding in sy tweede geveg van die jaar met ’n TKO verslaan.

Dit was ook Golovkin se eerste nederlaag van sy loopbaan.

Baie kenners het agterna gemeen hy het genoeg gedoen om die geveg te wen.

Op plaaslike bodem het Suid-Afrika se tussengewigbokser Kevin Lerena ’n skoueroperasie gehad.

Hy het egter ook positief getoets vir ’n verbode middel.

Zolani Tete het sy WBO-kapok­gewigtitel twee keer suksesvol verdedig, terwyl Thulani Mbenge ook die verbeelding aangegryp het deur die vakante WBC-weltergewigtitel en die vakante IBO-titel te wen.

Lerena, Tete en Mbenge lyk ál drie gereed om in 2019 nóg hoër op die wêreldranglys te klim.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters