3 maande gelede
Bokke eindig bekerdroogte
springbokke,bokke,suid-afrika
Suid-Afrika met die Rugby kampioenskap 2019 trofee.  ~ Marcelo Endelli/Getty Images

DIE Springbokke is Saterdagaand vir die eerste keer in tien jaar as die kampioen van die Rugby Championship gekroon.

Dit kom nadat Suid-Afrika Argentinië met 46-13 in Salta kafgedraf het. Die rustydtelling was 24-13 in die Bokke se guns.

Duane Vermeulen, kaptein van die Bokke, het agterna gesê: “Dis ’n fantastiese gevoel. Dit is goeie belonging vir die manne vir al die harde werk wat hulle ingesit het.

“Dis ’n great gevoel om die beste spanne in die suidelike halfrond te klop. Ons is uiteraard baie gelukkig met waar ons tans is, maar daar lê nog steeds baie harde werk voor die World Cup voor,” het hy bygevoeg.

Dit was ’n kliniese vertoning van Rassie Erasmus (afrigter) se span wat die kompetisie onoorwonne afgesluit het.

Die Bokke het die Poemas van meet af voos geskrum.

Mario Ledesma (afrigter) se span se voorry het net geen antwoord vir die Bok-voorry van Beast Mtwarira, Bongi Mbonambi en Trevor Nyakane gehad nie.

Die Argentyne het vroeg in die eerste helfte gewys waartoe hulle in staat is. Hulle het met hul fisieke inklimspel in die vastelos beïndruk. Na goeie samespel tussen hul voor en agterspelers het die vleuel Santiago Cordero die eerste drie van die game gaan score.

Nicolas Sanchez het verdoel om sy span vroeg in eerste helfte die voorsprong te gee. Maar dit is waar dit geëindig het.Suid-Afrika het teruggeslaan met ’n drie van die haker, Bongi Mbonambi, na ’n rolmaalbeweging van ’n lynstaan in die Argentyne se kwartegebied.

Die game het hierna wipplank gery met beide losskakels Sanchez en Pollard wat strafdoele uitgeruil het.

Pollard het die Bokke se tweede drie net voor die rustyd gedruk. Hy het self verdoel om die Bokke ‘n voorsprong van 24-13 te gee. Faf de Klerk, die Bok-skrumskakel, het hopeloos te veel die balbesit met swak hangskoppe sy span onder druk geplaas.

Die Pumas het dié foute uitgebuit en in punte omskep.De Klerk het ook onnodige strafskoppe afgestaan en is in die tweede helfte met ’n geelkaart vir onkkantspel van die veld gejaag.

In sy afwesigheid moes die veluel Cheslin Kolbe skrusmkakel gaan speel. Kolbe het hom goed van sy taak gekwyt en Pollard weggestuur vir sy tweede vypunter na ’n mooi kraglopie van die bedrywige slot Franco Mostert. 

Die Bokke het hierna hul stem verder dikgemaak deur goeie agterlynspel. Dit het tot drieë vir die blitsige vleuels Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe onderskeidelik uitgeloop. 

puntemakers

Argentinië – drieë: Santiago Cordero, doelskop: Nicolas Sanchez, strafdoele: Sanchez (2)

Suid-Afrika – drieë: Bongi Mbonambi, Handré Pollard (2), Makazole Mapimpi, Cheslin Kolbe, doelskoppe: Pollard (3) strafdoele: Pollard (5)


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters