2 maande gelede
Bok-breier kan nét so erg sukkel
Rassie ErasmusFoto: REUTERS  ~ 

RASSIE Erasmus, Springbok-afrigter, het ’n moerse fout begaan deur te sê mense moet hom oordeel op uitslae en transformasie.

Brendan Venter, ’n voormalige Bok- en Vrystaat-spanmaat van Erasmus, meen die Bok-breier kan nou dieselfde pad as sy voorgangers Heyneke Meyer en Allister Coetzee stap.

Erasmus spog ná ses toetse reeds met ’n wenpersentasie van 50% (drie gewen en drie verloor). Dié rekord dreig om ná die Bokke se oorsese toetse teen die Wallabies en All Blacks onder die 50%-kerf te val.

Pedigree

Venter het in ’n rubriek vir die Nieu-Seelandse website Stuff.co.nz gesê dít is presies waarvoor hy bang is nadat Erasmus tydens sy aanstelling sy uitlatings oor uitslae en transformasie gemaak het.

“Erasmus is ’n baie goeie coach met ’n sterk pedigree, maar hy was naïef om in die openbaar te gaan sê hy moet gejudge word op uitslae en transformasie. Dit beteken hy gaan op syfers geoordeel word,” skryf Venter.

Wat egter in die sogenaamde Messias van Bok-rugby se guns tel, is die feit dat hy ’n kontrak van ses jaar met SA Rugby het en boonop die direkteur van rugby is.

Dit maak dit half onmoontlik vir SA Rugby se ringkoppe om Erasmus in die pad te steek, maar Venter skryf hy hoop steeds die base het darem meer geduld.

Sondaars

Coetzee is ná net twee sei­soene gevra om te loop, terwyl Meyer se verlenging van sy kontrak op die ashoop gegooi is ná 2015 se World Cup-skandes.

“Ons kan nie Meyer en Coetzee as sondaars uitwys vir ’n nederlaag teen Japan en rekord-loesings teen die All Blacks nie. Kyk hoe sukkel Erasmus nou.

“Al is die Bokke nou sewende op die wêreldranglys, pla dit my nie.

“Ek gaan eerder kyk na die groep se vordering en ver­tonings. In my lewe as afrigter en dokter leef ek op dieselfde prinsiep. Die trick is eintlik om die prosesse te volg en perfor­mance-gedrewe te wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters