2 maande gelede
Bewerige Japan blossom laat
KOTARO MATSUSHIMAFoto: GETTY IMAGES  ~ 

JAPAN, gasheer vir rugby se World Cup, het nou wel nie Vrydag die wêreld aan die brand gespeel nie, maar sy afrigter, Jamie Joseph, is ’n tevrede man.

Die Brave Blossoms het Rusland met 30-10 in Tokio geklop. Dit was egter vir ’n lang tydperk in die game ’n gesukkel vir Japan om op die voorvoet te kom.

Senuwees is as die rede gegee vir dié gesukkel.

“’n Mens kon in die game sien die boys is nervous, het Joseph erken. Maar ek is trots op die manier waarop hulle teen die einde reg­geruk het.

“Ons het verskeie ongedwonge foute gemaak. Ons taktiese skopwerk was swak en ons sal dit gou moet regruk. Ek haal steeds my hoed af vir die Russe – hulle het ons onder druk geplaas. Hulle verdien lof daarvoor.

Japan se haastige regtervleuel, Kotaro Matsushima, is as man of the match aangewys. Dié boorling van Suid-Afrika het drie drieë gedruk.

“Dit is die eerste keer dat ek drie keer gaan druk vir Japan. Ons kon saamtrek en die roar van die fans het ons aangespoor,” sê hy.

Lyn Jones, Rusland se afrigter, het sy spelers geloof vir hulle veggees. “Ons het ons fiksste en vinnigste span gekies om by te hou by Japan en ons het oukei gedoen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters