2 maande gelede
Bedryf sal oorleef
WENPAAL TOE! Die hings Walter Smoothie was een van die groot sterre op die Durban July-dag.  ~ Gold Circle

DIE wedrenbedryf sal die drie weke lange lockdown kan hanteer, maar as dit langer aanhou, kan dit ’n krisis word.

Só sê Kortkop, jarelange wedrenmedewerker en een van Son se tipsters. Hy sê enige lockdown langer as 21 dae kan probleme bring.

Dit kos duisende rande om goed geteelde renperde aan te koop en te onderhou.

En asof dit nie genoeg is nie, gaan eienaars vir die volgende drie weke geen inkomste aan prysgeld kry nie.

Dat hulle dit beslis aan hulle sakke gaan voel, is seker.

Kortkop sê daar is sowat 3 000 tot 3 200 perde landwyd in afrigting. Fooie om die perde af te rig, wissel van R8 000 tot R12 000 per maand, afhangende van die breier en sentrum.

“Party races in Port Elizabeth se stakes is so laag as R45 000 en op Flamingo Park nóg laer.

“Perde raak maklik siek en die gemiddelde maandelikse fooi vir ’n veearts kan tot R1 500 beloop.

“Dan moet die farriers soms een keer per maand hoefysters aansit.

“Dus kan die maandelikse uitgawe ’n stewige bedrag beloop,” sê hy.

Volgens Kortkop gaan betting sites derduisende rande verloor, maar kan die damage beperk word deur betting op oorsese racing soos Singapoer en Hongkong, en plaaslik Borrowdale Park in Zimbabwe, aan te moedig.

Toegang

“Koerante sal ’n deurslaggewende rol moet speel om die velde vir dié meetings te publiseer.

“Die meeste punters het nie toegang tot velde op die rekenaar nie.

“Hulle kan egter ook telefoniese weddenskappe plaas,” sê hy.

Charl Pretorius, medeskrywer van die daaglikse nuusblad Turf Talk, sê hy twyfel geensins dat die Durban July deur die corona-virus bedreig word nie.

“Ek is vas oortuig die virus sal binne drie maande uitgewoed wees. Ons sal oukei wees,” reken Pretorius.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters