2 maande gelede
Bale dalk gou terug
beseer: Gareth Bale Foto: GALLO IMAGES  ~ 

SANTIAGO Solari, afrigter van Real Madrid, glo die kuitbesering wat Gareth Bale Woensdag teen Villarreal opgedoen het, is nie ernstig nie.

Bale sou gister toetse ondergaan het om die omvang van die probleem te bepaal.

Dit volg nadat hy in die Estadio de la Cerámica in die halfeind, waarin hulle met 2-2 teen Real Madrid gelykop gespeel het, gedwing is om die veld te verlaat.

“Ons dink die besering is nie te ernstig nie,” het Solari gister op ’n perskonferensie gesê.

“Ons hoop almal hy is gou terug met ons.”

Die verwagting was dié seisoen hoog vir Bale nadat Cristiano Ronaldo na Juventus vertrek het, maar sy ritme is deur fiksheidskwessies ontwrig.

Real Madrid pak Real Sociedad vandag in La Liga.

Voor die wedstryd was Solari positief oor die vooruitsig dat Isco sal speel.

“Isco is so goed, hy kan in enige posisie speel,” sê Solari.

“Elke speler het verskillende eienskappe.”

Die gelykop uitslag teen Villarreal los Madrid in die vierde plek op die log – sewe punte agter die voorloper, Barcelona.

Madrid het 30 punte, die klub se laagste totaal ná 17 wedstryde in 13 jaar. – Goal.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters