16 dae gelede
Aussies loop bo-oor Uruguay
pale toe: Tevita Kuridrani het twee drieë gedruk. Foto: getty images  ~ 

DIE Wallabies het hulle plek in die kwarteindronde van vanjaar se Rugby World Cup bespreek deur Uruguay met 45-10 te klop.

Australië was net te sterk vir Los Teros, maar daar is weer kwaai deur die Wallabies se bestuur oor die skeidsregter se beslissings gebrom.

Arme Mathieu Raynal van Frank­ryk is vanaf die stands omtrent uitgejou oor hy twee Wallabies (Adam Coleman en Lukhan Salakaia-Loto) met geel kaarte van die veld gestuur het. Albei het egter hulle tyd in die sin bin verdien vir tackles rondom die nek.

Daai twee geel kaarte het die Wallabies se ritme ietwat versteur, maar Los Teros se manne verdien krediet vir hardnekkige verdediging.

Die Suid-Amerikaners het selfs omgekeerde besit by ’n skrum – op hulle eie doellyn – bewerkstellig deur die Wallabies geheel en al stukkend te druk.

En kort voor die einde van die stryd is Uruguay vir sy hardnekkigheid beloon toe Manuel Diana ’n drie gaan druk het. 

puntemakers
AUSTRALIË – drieë: Dane Haylett-Petty (2), Jordan Petaia, Tevita Kuridrani (2), Will Genia, James Slipper; doelskoppe: Christian Lealiifano (5).
URUGUAY – drie: Manuel Diana; doelskop: Felipe Berchesi; strafdoel: Berchesi.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters