15 dae gelede
Ashwell glo nog SA kan halfeind haal
POSITIEF: Ashwell Prince bly optimisties. Foto: gallo images  ~ 

TERWYL die res van die land al klaar ons nasionale krieketspan tot ’n early exit verdoem het, is daar een voormalige draer van die Protea-trui wat nie ophou glo nie.

Ashwell Prince, deesdae breier van die Cape Cobras, glo Suid-Afrika kan vyf van sy laaste ses wedstryde wen om te kwalifiseer vir die halfeindronde van die World Cup in Engeland.

Die Proteas is segeloos ná drie wedstryde en pak môre die Wes-Indiese Eilande.

“Ek werk in die sisteem. Hierdie is ons beste spelers,” het Prince op Twitter geskryf.

“Of hulle nou kwalifiseer of nie, ons moet hulle poging respekteer. Niemand het die reg om vir die topvier te kwalifiseer nie. Spanne soos Bangladesj verdien om ’n uitdaging vir ons te wees.

“Wat ons moet doen, is om nou ook in die laaste ses wedstryde terug te stoot. Ons kan beslis vyf uit ses wen.”

Dis egter moeilik om te sien hoe die Proteas volgens Prince vyf wedstryde gaan wen, met kragmetings teen Nieu-Seeland, Pakistan en Australië ook nog op hulle pad.

Soos die span in sy vorige drie wedstryde gespeel het, is daar ook min hoop dat hy Afganistan kan klop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters