6 maande gelede
Arthur nie hêppie met kolfblaaie
Mickey ArthurFoto: GALLO IMAGES  ~ 

MICKEY Arthur, Pakistan se krieketafrigter, se kritiek oor die toestand van Suid-Afrikaanse kolfblaaie klink meer na frustrasies.

Die Protea-kaptein, Faf du Plessis, het ’n briljante honderdtal (103) van 226 balle aange­teken op dieselfde blad waaroor Arthur hom Vrydag sterk uitgelaat het.

So het Temba Bavuma ook met 75 lopies en ’n vennootskap van 156 om die vyfde paaltjie met Du Plessis bewys dat dit nie so erg is soos wat Arthur dit wou afmaak nie.

Voorsprong

Die Pakistanse kolwers kon beslis nie die mas teen die Protea-boulers opkom nie.

Du Plessis se honderdtal, die negende van sy toetsloopbaan en sy eerste op Nuweland, het die tuisspan grootliks gehelp om ’n voorsprong van 252 op die besoekers se eerste beurttelling van 177 op te stel.

Arthur sê: “Ek dink die wip van die bal was oneweredig vir dag 2 van die toets.

“Jy kon waarneem hoeveel keer ons fisio die kolwers moes bystaan nadat hulle deur opslagballe getref is.

“Ek verstaan egter blaaie word voorberei om die tuisspan te bevoordeel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters