5 maande gelede
Argentinië se gesukkel by die Copa America wys issues uit
EISH! Lionel Messi en Argentinië sukkel tans in die Copa América. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

ARGENTINIË se gesukkel by die Copa América-toernooi wys dat daar geen leierskap is nie en dat sy poel talentvolle spelers besig is om op te droog.

Dit kon wel erger gewees het. ’n Gelykop uitslag teen Paraguay beteken dat die span waarskynlik vandag na die kwarteindronde van die Copa América sal deurdring, as hy Katar kan klop.

Aanval

Daar is egter geen waarborg dat vier punte genoeg sal wees om te kwalifiseer of om op sy huidige peil die Asiatiese kampioen te kan klop nie. Die punt teen Paraguay was ’n gelukkige een ná nóg ’n swak vertoning.

Argentinië het weer gelyk soos ’n span sonder ’n plan én asof hy nie kan aanval nie.

Dit sal absurd wees om Lionel Scaloni, die span se toesighouer-afrigter, te blameer.

En dan is daar die ongemaklike kwessie van Lionel Messi, wie se strewe om Argentinië se 26 jaar lange droogte sonder ’n senior internasionale trofee te beëindig, ’n storie op sy eie is.

Hy is natuurlik briljant en het Argentinië al na talle hoogtes gehelp, maar die laaste keer toe Argentinië in die Copa América teen Paraguay in die halfeindronde gespeel het, het hy ’n rol gespeel in ál ses Argentinië se doele.

Maar wat kan Argentinië doen? Sien, sy Messi-probleem is nie die grootste een nie.

Inteendeel, daai probleem maak net die ander kwessies – die gebrek aan leierskap en finansiële hulpbronne, die gevoel dat ander lande voordeel trek uit hulle afrigtingskundigheid en die afname in die spelerspoel – al hoe duideliker.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters