2 maande gelede
Appie uit koma ná 32 maande
Abdelhak ‘Appie’ Nouri.  ~ Getty images

DIE voormalige Ajax-wunderkind Abdelhak ‘Appie’ Nouri het dokters verstom nadat hy ná 32 maande uit ’n koma gekom het.

Sy broer, Abderrahim, het gesê die 22-jarige Ajax striker het hard geveg om tekens van lewe te toon.

“Ja, dit gaan goed met Appie,” het Abderrahim gesê.

“Wat is goed? Hy’s wakker, hy eet, hy slaap, hy burp! Maar hy kan nog nie die bed verlaat nie,” het hy bygevoeg.

Appie het in 2018 in Oostenryk ineengestort tydens ’n friendly teen Werder Bremen. Hy het ’n hartaanval gekry wat ernstige breinskade veroorsaak het.

Ajax is genoop om te erken hy het nie genoegsame en sorgvuldige mediese hulp verskaf nie.

Ajax se spandokter, Don de Winter, is ná hierdie skokkende voorval ge­fire. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters