27 dae gelede
Aflos het medaljekans in Tokio
Mr. relay: Paul Gorries is hier in aksie in die 4 x 400 m-aflos van die Wêreldkam­pioenskappe in 2003 in Parys, Frankryk.  ~ Gallo images

PAUL Gorries glo Suid-Afrika kan vanjaar op die Olimpiese Spele in die aflos ’n medalje loshardloop.

Die Olimpiese Spele begin op 24 Julie in Tokio, Japan.

Verlede jaar het Suid-Afrika nie ’n goeie jaar beleef wat atletiek betref nie. Niemand het by laas jaar se Wêreldkampioenskappe in Doha, Katar, ’n medalje wen nie.

Gorries, aflosafrigter van Atletiek Suid-Afrika, het wel by dié teleurstellende kampioenskappe iets in die aflosdepartement opgemerk wat hom hoop gee vir ’n medalje. In Doha het Suid-Afrika se 4 x 100 m-aflosspan ’n tyd van 37,65 genael. Dis ’n nuwe Afrika-rekord.

Hieroor het Gorries, ’n voormalige NMU-student (toe nog UPE) en Madibaz-atleet, gesê: “Dit was ’n goeie tyd, maar ons het steeds ’n paar foute gemaak.

“Ons het huiswaarts gekeer om dinge te analiseer.

“Daar is beslis baie wat ons kan doen om die change-over van die baton te verbeter.

Bestes

“Ons kan ver vinniger as 37,6 hardloop. Dit sal ons beslis in ’n medaljeposisie plaas.”

Volgens Gorries glo sy groep naellopers nou hulle kan die bestes in die wêreld aandurf.

Hy het groot hoop vir die land se 4 x 400 m-aflosspan, maar sê hulle sal minstens twee atlete daar moet hê wat die 400 m in minder as 44 sek. kan nael.

Die Olimpiese kampioen en 400 m-wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk, is een van hulle.

Hy werk nog aan ’n terugkeer tot internasionale atle­tiek nadat hy in 2017 ’n ernstige kniebesering opgedoen het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters