4 maande gelede
76 is al dood in SA kryt
TRAGIES: Brian Baronet se dood het skokgolwe deur die land gestuur. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

ALTESAAM 76 boksers het hulle lewe tot dusver in ’n Suid-Afrikaanse kryt verloor.

Van hulle was 52 beroepsboksers en 24 amateurs.

Die eerste Suid-Afrikaner wat gesterf het, was ’n bokser genaamd Kaffir George, wat op 6 Februarie 1889 dood is.

’n Sterfgeval wat wêreldwyd publisiteit gekry het, was dié van Hubert Essakow, wat op 22 Maart 1956 in die 11de ronde in die Johannesburgse stadsaal deur Willie Toweel uitgeslaan is.

Hy is 56 uur ná die geveg dood. Dit word beskou as een van die grootste tragedies in ’n SA kryt.

Op 2 November 1985 het Jacob “Dancing Shoes” Morake sy lewe verloor. Hy is by Sun City deur Brian Mitchell uitgeslaan.

Drie jaar later is Suid-Afrika wéér geskud toe een van die land se gewildste boksers, Brian Baronet, op 17 Junie 1988 gesterf het.

Op 1 Julie 1986 is ’n amateur, Eppie Pohl, tydens die SA Weermag-kampioenskap in Voortrekkerhoogte deur Gary Ballard uitgeslaan. Pohl het nooit sy bewussyn herwin nie en is 24 jaar later, op 31 Oktober 2010, dood.

Wyle kmdt. Carl du Piesanie, destydse boksbaas van die Kommandement OP, was die skeidsregter in dié noodlottige geveg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters