2 maande gelede
103 punte in Ellispark se drieëfees
Sylvian Mahuza nael in volle vaart teen Griekwas.­ Foto: GALLO IMAGEs  ~ 

DIT gebeur selde dat ’n Curriebeker-wedstryd 100 punte oplewer.

Dit is egter presies wat Vrydagaand op Ellispark gebeur het toe die Goue Leeus met 62-41 oor Griekwas geseëvier het.

Met altesaam 14 spogdrieë het die toeskouers behoorlik waarde vir hul geld gekry.

Die Leeus het nege keer gaan druk en Griekwas vyf keer.

Griekwas was in die rustyd nog ­nael­skraap met 20-19 voor, maar twee vinnige drieë kort ná die rustyd het die Leeus beheer laat neem.

Daarna is die drieë behoorlik ingeryg.

Die Leeu-vleuel Courtnall Skosan was weer behoorlik op sy stukke en het drie keer afgerond.

Juweel

Hacjivah Dayimani (agtsteman) was self skitterend op dreef. Hy was uiters indrukwekkend op die aanval en is self met twee drieë beloon.

Die Junior Springbok Wandisile Simelane, wat in die tweede helfte sy debuut vir die Leeus gemaak het, is ’n ster in wording. Sy drie laat in die wedstryd was ’n absolute juweel.

Griekwas verdien egter lof daarvoor dat hulle tot die einde sterk teruggeveg het.

Puntemakers:

GOUE LEEUS – drieë: Courtnall Skosan (3), Hacjivah Dayimani (2), Ross Cronjé, Sylvian Mahuza, Len Massyn, Wandisile Simelane; doelskoppe: Shaun Reynolds (7); strafskop: Reynolds.

GRIEKWAS – drieë: André Swarts, Khwezi Mkhafu, Wilmar Arnoldi, Kyle Steyn, AJ Coertzen; doelskoppe: George­ Whitehead (5); strafdoele: Whitehead (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters