10 maande gelede
Wendy regeer
moordenaar: Rehane Abrahams vertolk die rol van Wendy Newman in Arendsvlei.foto’s verskaf  ~ 

SY IS die tipe wat ’n moord pleeg en met die grootste hoed by die begrafnis opdaag en nog vir die grafsteen betaal!

Ons het lank laas so ’n opwindende, bose vroue villian soos Wendy Newman oppie kassie gehad.

Ons het onlangs saam met die aktrise Rehane Abrahams gepraat oor haar rol in Arendsvlei.

Rehane, wat in die Kaap grootgeword en later drama aan die Universiteit van Kaapstad geswot het, sê: “Wendy skrik vir niks en niemand nie.

“As ek myself as haar op die screen sien, skrik ek, want Wendy se oë kan baie evil en koud lyk. Maar as akteur moet ek binne-in haar kruip en haar nie beoordeel nie. Ek moet probeer om dit haar way te sien en om haar te verstaan.”

Die aktrise vertel sy is skaam, maar dat haar karakter sonder skaamte is.

“Ek dink nie Wendy Newman sou veel tyd hê vir my, Rehane, nie. Sy sou my gou uit die pad uit kry, ek is te veel van ’n softie vir haar.

“Haar lewensdoel is om mense seer te maak en ’n familie te vernietig.”

Rehane vertel die reeks is vir haar spesiaal oor daar so baie sterk vrouefigure daarin speel.

Dit lyk asof Wendy tans die hef in die hand het, maar gaan iemand die bose vrou uitoorlê?

Rehane sê sy kan ongelukkig nie die hele storielyn weggee nie, maar wat sy wel gesê het, is: “Maar ons weet almal dat die wiel altyd draai.”

Die aktrise sê gelukkig herken kykers in die straat haar nie as die wicked Wendy nie.

“As aktrise is ek ’n bietjie van ’n chameleon. Ek verdwyn in my karakters in en lyk totaal anders.

“So, mense herken my gelukkig nie, anders sou iemand my seker lankal ’n klap gegee het.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters