2 maande gelede
‘Vlei’ kry nuwe kinnes in reeks 2
arendsvlei
Nog Drama kom: Daar is nuwe kinnes in die nuwe reeks van Arendsvlei. foto verskaf  ~ 

DIE TV-reeks Arendsvlei mik hoog met nuwe kinnes innie vlei.

Die kykers kan hulleself gerusstel en uitsien na great drama wat in reeks 2 van Arendsvlei wag.

Die kykers het omtrent gesmag na nog lekker aande van Arendsvlei en was hartseer toe die reeks klaarmaak.

Met seisoen 1 wat tot 'n einde gekom het is kykers verlede maand die great nuus gedeel dat seisoen 2 Maandag sal begin.

Met die nuwe reeks sien ons hoe die eerste groep skoliere matrikuleer en universiteit toe gaan.

Die klas van 2020 word ook bekend gestel.

Son op Sondag het so ’n bietjie gaan inloer en gesels saam met die nuwe skoliere wat weer drama na die kassie gaan bring.

Eldon van der Merwe, wat te sien was in die reeks Ouboet en Wors sowel as Sarah se Geheim, sê hy het gespring toe hy hoor die reeks se vervaardigers soek nuwe karakters.

Eldon verduidelik: “Ons stories moet vertel word en Arendsvlei doen dit.”

Eldon vertolk die rol van Curtley – ’n skolier wat ’n model wil wees.

Sy karakter gee altyd net positiewe vibes af en soek nooit moeilikheid nie.

“Hy is die outjie wat uit ’n goeie huis kom. Hy is suppose om fine te wees en sy punte moet maar net goed wees.

“Sy intentions is goed, en dít is waar hy misbruik word. Ongelukkig besef Curtley dit te laat.”

Gershwin Mias is ’n ou bekende. Hy laat draai die meisies se koppe in die nuwe reeks met sy sokker skills.

Gershwin het naam gemaak in die gewilde fliek Noem My Skollie as Shorty. Hy was ook in Ellen: Die Ellen Pakkies-storie, waarin hy Abie Pakkies se skoolvriend was.

Vir hom was dit ’n groot aanpassing om van flieks na die telenovelle te beweeg, maar hy’s opgewonde. Hy vertel dat sy rol hom uit sy gemaksone haal.

Hy vertolk die rol van Zane – ’n bad boy wat gewild is onder die meisies.

Hy is ’n kranige sokkerspeler vir die skool.

Zane is by sy vorige skool weggejaag. Sy ouers het hom toe ’n “way” by Arendsvlei gemaak.

Vir hom was die sokkerspelery ’n uitdaging.

Hy bieg: “Ek het rugby en atletiek gedoen in my skooljare. Ek het op laerskool rugby gespeel en kan ’n bal skop, maar Zane doen tricks en ek moes daardie tricks leer.”

Die ander twee skoliere wat ook opgang gaan maak, is nuwe gesigte in die bedryf.

Cantona James sal vir die eerste keer op televisie te sien wees.

Hy noem dat hy van die realisme hou wat Arendsvlei uitbeeld.

Cantona speel Daniel – ’n seun wat sy ma verloor het. Toe het sy auntie en oom hom ook weggesmyt.

Daniel skarrel elke dag vir kos en klere en slaap in ’n buitetoilet.

“Elke dag is vir hom ’n struggle en hy moet wegsteek dat hy homeless is. Hy moet basies heeltyd voorgee.”

Dan is daar ook die perfeksionis – Saartjie. Hunter Plaatjies is te sien in dié rol.

Saartjie is die A-student wat alles net reg wil doen.

Bedryf

“Sy is ook die omgewingsvegter wat net die aarde wil red. Sy is die ‘ja, juffrou, nee, juffrou’-tipe kind en streng gefokus op haar skoolwerk.”

En is daar ’n Boet vir Saartjie?

“Kom ons sê net ek het iets van ’n Boet êrens gelees.

Arendsvlei is Hunter se eerste TV-produksie.

Sy voel geëerd om saam met groot name in die bedryf te werk en by hulle te kan leer.

Saam met die ywerige nuwe jong akteurs is daar ook bekendes wat jy in reeks 2 sal sien, soos Shaleen Surtie-Richards, Maurice Carpede, Danny Ross en Jarrid Geduld.

Nuwe reeks, nuwe gesigte, maar Arendsvlei mik steeds hoog en bring jou die realiteit vol lief en leed. 

STOUTSEUN: Gershwin Mias wys eersdaags gesig in Arendsvlei as Zane, die bad boy.Foto’s: DAVID SWART
stil: Eldon van der Merwe is in reeks 2 van Arendsvlei te sien in die rol van Curtley.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters