11 maande gelede
Tree vir tree nader aan hoofrol in telenovela
in aksie: Craig as Wesley op die stel van Arendsvlei. FOTO verskaf  ~ 

MACASSAR het ’n nuwe TV-held!

Dis die 24-jarige Craig Adriaanse, beter bekend as Wesley in Arendsvlei.

Vir dié wat nog nie weet nie, Arendsvlei is ’n nuwerige telenovela op kykNET & kie.

Craig vertolk die rol van die hoofseun, Wesley. Dis een van die main karakters.

Hy steel elke week harte met sy mooi geaardheid, hardwerkendheid en permanente glimlag.

“Wesley is ’n sweet ou en altyd ’n goeie kind,” sê Craig oor sy karakter.

Intussen beskryf hy homself as ’n vriendelike, doodgewone mens wat nie bang is om kanse te waag nie.

Craig sê dis vir hom “lekker om vir ’n slag weer skoolskoene te dra”.

akteur: Craig Adriaanse is dankbaar God het hom met dié rol geseën. Foto: MELINDA STUURMAN

Maar hoe het iemand van Macassar dan so ’n amazing rol losgeslaan?

Craig vertel hy was in die gym toe sy agent hom bel. Die oproep het hom baie opge­wonde gemaak.

Sy agent het hom ingelig hy is na ’n oudisie genooi.

Die borrelende jong man vertel hy het sommer na die oudisie ge-Uber.

Aanvanklik het hy sy luck getry vir ’n ander rol (Anton, wat nou deur Dean Richard Olivier gespeel word).

“Ek het ’n callback gekry en die rol van Wesley was toe myne.”

Craig se eerste professionele produksie het eintlik in 2011 gekom. Hy was deel van die Stad Kaapstad se toneelkompetisie vir hoërskoolkinders.

Hy was ook in Bos, onder regie van die famous Marthinus Basson. Dit was in 2012 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op die planke.

Maar voordat al daai groot rolle gekom het, het Craig by die Laerskool Somerset-Wes en Hoërskool Hottentots-Holland in opvoerings gespeel.

Craig vertel: “Om ’n akteur te wees was maar altyd my passion.

“Ek wou eers hospitality swot, toe joernalistiek. Daarna wou ek altyd oorsee gaan.

“Ek was baie naïef­ oor my toekoms omdat my mind op baie plekke was.

“Dis baie goed om te sien hoe dinge nou in plek val. Daai tyd was ek nog nie gereed nie.”

Noudat Craig uiteindelik sy droom bewaarheid het, kan hy nie ophou praat oor die lekke’ vibe op hulle set nie.

Hy vertel almal – van die akteurs tot die mense agter die skerms – gel lekker.

Sy medespelers gee hom baie raad, verklap hy, maar die storie­lyne staan vir hom die meeste uit.

Craig verduidelik: “Dis amazing om ons mense se stories te vertel. Baie mense kan daarmee relate en leer van ons oorspronklike storielyn.”

  • As jy wil kyk hoe Craig die rol van Wesley vertolk, tune Maandag tot Woensdag 20:00 in op kykNET & kie (Dstv-kanaal 145).

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters