2 maande gelede
Talk show met hart
Dié twee baie bekende gaste chat alte lekker op die eerste show met Tracey
Die gehoor verwelkom die baie gewilde Tracey Lange op die stel.
Success Lekabe, Kay Karriem, Zelda­ la Grange, Ingrid Jones en Tracey Lange.
VYF vroue, vyf menings en een show wat jou opvoed, inlig en laat skaterlag.

Julle kan julle maar regmaak vir ’n heerlike kuier saam met Tracey Lange, Zelda la Grange, Kay Karriem, Ingrid Jones en Success Lekabe. Hulle is te sien in
Tussen Ons, ’n nuwe geselsprogram op kyk­NET & kie (DStv-kanaal 145).

Tracey is ’n geliefde aanbieder op die kykNET-leefstylprogram Bravo!, waar sy op die rooi tapyt en agter die skerms saam met die land se bekendes kuier. Sy is ook weer ’n lid van die Kfm-span.

Zelda ken ons as Madiba se regterhand vir 19 jaar.

Zydia Cheryldeen, oftewel Kay Karriem, is die redakteur van Kuier­, die gewilde tydskrif vir Afrikaanssprekende vroue.

Ingrid is die stigter en besturende direkteur van Mikateko Media en die redakteur van Mango Juice, die Suid-Afrikaanse lugredery Mango se tydskrif.

Success is sedert 2012 ’n bekende stem op die radiogolwe. Sy is al beskryf as die vrou met die fluweelstem. Boonop kan sy ses tale praat!

Ek was Maandag in die gehoor toe dié all-girl show die eerste keer opgeneem is. Ek was aangenaam verras deur hoe pragtig die stel is.

Daar was baie persoonlike touches wat my laat voel het die vyf vroue sit en gesels lekker gemaklik om ’n tafel in hul huis.

Ek is seker die Suid-Afrikaanse gehoor sal groot aanklank vind by hierdie show, maar jy hoef nie my woord te vat hiervoor nie.

Ek het gepraat met die dinamiese Shihaam Domingo, vervaardiger en sakevrou, wat ook in die gehoor was. Ek het haar gevra wat sy van die show gedink het.

Sy’t laat hoor: “Ek is nie juis ’n groot aanhanger van kletsprogramme nie, maar Tussen Ons is ’n verfrissende, inspirerende ervaring. Die paneel is so divers.

“Ingrid en Kay het my hart gesteel en Tracey is ’n wonderlike, gebalanseerde gasvrou.

“Ek is mal oor die vryheid van spraak en die egtheid wat hierdie vroue uitstraal. Vroue het ’n space nodig waar hulle connect en mekaar ondersteun. Dit voel of hierdie show daai space na ons huis bring.”

Terloops, ek wil julle ’n hint gee oor twee van die gaste vir die eerste show: Die een vertolk die rol van die skurk Ian October se vrou in Suidooster en die ander beeldskone gas is onlangs aangewys as die mooiste vrou in Suid-Afrika.

) Tussen Ons sal van Julie af elke Donderdag 20:00 op DStv se ­kanaal 145 uitgesaai word.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters