5 maande gelede
Reeks is perfek vir curvy girl
SAKEVROU: Laverne Turner-Manuel reik een van die dae haar reeks klere en skoonheidsprodukte uit.  ~ Foto Verskaf

SY SPOG binnekort met haar eie klere- en skoonheidsreeks.

Die mooie Laverne Turner-Manuel, oorspronklik van Kuilsrivier, het dié week saam met ons gesels oor haar klerereeks, LTM Curve, en haar skoonheidsreeks, LTM Skincare, wat sy op 15 Februarie in Kaapstad gaan bekendstel.

Laverne is reeds ’n gevestigde sakevrou en besit die events company Champagne Life.

Die pragtige plus-sized model wat deesdae in Dubai woon, sê sy het nog altyd daarvan gedroom om ’n klerereeks te skep wat gemaak is vir vroue met ’n voller figuur.

Sy verduidelik haar klerereeks begin by nr. 12 en strek tot nr. 22.

Die sakevrou vertel haar klere word in Kaapstad deur ’n plaaslike CMT vervaardig. “Ek wou hê my reeks moet trots Suid-Afrikaans wees. In alles wat ek doen, probeer ek om hier in Suid-Afrika te belê.”

Laverne verduidelik sy het die klerereeks geskep vir vroue om gemaklik daarin te voel.

“Ek het my ontwerpe gebaseer op dit wat ek dra. Ek weet daar was baie mense wat oor die jare gaaf en complimentary was oor die tipe klere wat ek dra.

“En ek dink oor ek natuurlik ’n groter, curvier postuur het, het dit ander vroue met my tipe liggaamsbou laat besef hulle kan ook klere dra wat ’n bietjie meer fitted is. Hulle kan ook daarin sexy lyk en voel.”

Sy voeg by die reeks lê haar baie na aan die hart. “Met elke item wat in die reeks is, het ek my afgevra of dit iets is wat ek sal aantrek.

“En as die antwoord ‘nee’ was, dan het ek dit uitgegooi en met iets anders vorendag gekom waarin ek gemaklik sou wees.

Hoewel die sakevrou gretig is om haar klerereeks daar buite te kry, het sy laat val dat sy steeds baie versigtig is.

“Ek gaan klein begin. Ek wil die mark uittoets. Ek wil vroue gemaklik laat voel in die klere wat ek gaan uitbring.

“Ons sal dan daarvandaan saam verder groei.”

Die model was nie skaam om ons ’n sneak peak te gee van presies wat ons van haar reeks te wagte kan wees nie.

Sy vertel opgewonde: “Hierdie is ’n capsule selection. Dit beteken dat hoewel die meeste van die items in sets verkoop word, is dit interchangeable. Dit is items wat jy saam met mekaar kan dra of apart met ’n ander item.

“Dit maak die reeks lekker pret, want jy kan dit met klere meng wat reeds in jou klas is.

“Dis ’n somerreeks. Ek wou ’n signature vir hierdie reeks hê. En my signature is een-skouer-items.

“Dis iets wat ek na die reeks wil bring oor dit iets is wat my en my styl dié seisoen verteenwoordig.

Mediterreens

“Ons sal natuurlik later ’n winterreeks byvoeg.”

Sy wei uit dat die reeks ’n oorheersende tema het. “Op die oomblik is die meeste items in die reeks Mediterreens, so die reeks gaan oorheersend blou en wit wees.

“Daar is ook fun, quirky items. Ek het oulike polka-dot-items ingesluit.

“Daar gaan ook ’n paar kimono’s wees vir diegene wat nie so gemaklik daarmee is om sulke fitted items te dra nie. Jy kan die kimono oor jou swemklere of selfs oor ’n jean en ’n T-hemp gooi.”

Dit is nie net Laverne se klerereeks wat plaaslik vervaardig word nie, maar ook haar skoonheidsreeks.

“Ek het ’n klein besigheid genader om my hiermee te help.

“In die reeks is daar ’n face wash, face scrub, serum en moisturiser.”

  • As jy belang stel om items uit Laverne se klere- en skoonheidsreeks te koop, kan jy haar gerus ’n persoonlike boodskap stuur op Instagram @laverne_tm of gaan kyk op Facebook onder Laverne Turner-Manuel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters