27 dae gelede
Ou van Elsies mik vir sterre
Talentvol: Tyron Hugh McKinnon sê hy het nog altyd ’n passie vir acting gehad.  ~ Salmon Smith

TYRON Hugh McKinnon is ’n jong en talentvolle akteur wat met albei hande na die sterre reik.

Hy is bekend vir veral sy rol as Sam Adams in die SABC2-reeks Signal High.

Met ’n paar commercials en shortfilms agter sy naam is dié 23-jarige ster ook ’n lewende bewys dat in Elsiesrivier hope potensiaal is. Never mind die negatiewe publisiteit deesdae oor dié bendegeteisterde gebied op die Kaapse Vlakte.

Eintlik het Tyron op hoërskool – JG Meiring in Goodwood – ’n baie lae selfbeeld gehad. Die area waarin hy grootgeraak het, het ook hiertoe bygedra.

Neergekyk

“Ek het altyd geglo dat ek nooit enige iets kan achieve nie. Dit was basies oor ’n verkeerde mindset.

“Ná matriek in 2014 het ek by ’n modelling agency aangesluit. Daar het hulle neergekyk op my omdat ek van die Elsiesrivier is.

“Maar ek was nie skaam oor Elsiesrivier nie. Ek het aan hulle bewys dat in Elsiesrivier goeie mense bly met baie potensiaal.

“Ek het altyd daai passie gehad vir acting. Daar was daai een fortunate dag in 2015, toe ek my gereed maak vir die Winter Wonderland Catwalk Fashion Show by die Kenilworth Race Course.

“Daar kom toe ’n man wat kom soek het vir ekstras vir ’n Indiese Samsung TV commercial. Ek het onmiddellik belang gestel.

“Met die skiet van die commercial was die director nie tevrede met die featuring actor se performance en ek volunteer toe vir daardie rol.

“Ná two takes was die director tevrede en noem toe dat dit perfect was.

“Dit was vir my ’n wonder­like gevoel en besef dat acting iets is wat ek al so lankal wou doen.”

Tyron het toe act­ing-klasse by sy modelling agency begin doen, asook on­line kursusse.

Agterna join hy toe ’n casting agency en verskyn in nog advertensies, onder meer vir Schweppes.

“My groot break was Signal­ High. Een van my oud-skoolvrinne het my vertel van die oudisie vir dié reeks.

“Ek het toe vir die oudisie gegaan en dertig ouens uitgestof vir die spesifieke rol van Sam Adams.

“Die reeks is geskiet by Rhodes High School in Wynberg in ag weke. Dit was die beste experience wat ek gehad het en ek het eerstehandse ondervinding opgedoen van wat op ’n TV-stel aangaan.”

Publiseer

Signal High verskyn Tyron in ’n kameerol in ’n episode van die Amerikaanse reeks Vagrant Queen.

Tyron is ook ’n sielkunde-student aan UWC. Hy wil ook sy horisonne verbreed, na voice­-over acting – spesifiek cartoon voices.

Dan is hy boonop besig om ’n roman te skryf wat hy later dié jaar gaan publiseer.

“Die funny thing van acting is dit gaan nie oor wat jy beplan nie, dit is meer oor die kanse wat in jou skoot val. Ek wil graag sien waarheen acting my vat.

“Ek is nou in daardie stadium van my lewe waar ek elke kans aangryp. Die een amazing ding wat modelling en acting my geleer het, is ek hét dit en dat ek enigiets kan bereik waarop ek my mind sit. Never mind waar ek vandaan kom.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters