5 maande gelede
Ou se humor maak vir hom deure oop
komediant: Jean Davids­ maak waves in die komedie-bedryf.Foto: salmon smith  ~ 

OP SKOOL was hy onder geweldige groepdruk om dwelms te gebruik of alkohol te misbruik, maar hy het dit elke keer weerstaan.

Dan moes hy nog boonop die koeëls ook dodge in die area waar hy grootgeword het.

Vandag gebruik die komediant Jean Davids (29) sy lewens­ervaringe in humor om awareness te bring by mense­.

Davids is van Retreat in die Kaap.

Hy is nie net ’n komediant nie, maar ook ’n entertainer­ en motivering- spreker met vele comedy shows agter sy naam.

Maar Jean wou nooit ’n kome­diant wees nie. Alles het begin in 2012, toe hy as seremoniemeester opgetree het in koffiekroë by hul kerk, Divine Revelation Ministries, in Retreat.

Dis geestelike events waar jeug van verskillende kerke bymekaar kom om te dans en sing.

“Ek het dit altyd met ’n tikkie humor gedoen en my so goed van my taak gekwyt dat mense my genooi het as MC by verskillende events soos kerkkonserte en sangaande,” vertel hy.

“Verskillende kerke in Atlantis, Macassar, die Paarl en Wellington het my genooi. Ek het dit alles gedoen, net vir die liefde vir die saak.

“Ek was selfs seremoniemeester by ’n event waar Emo Adams opgetree het.

“Ná twee jaar het ’n vriend my gevra hoekom doen ek nie my eie comedy show nie aangesien ek so funny is, waarop ek toe ook so besluit het.

“In September 2017 het ek my eerste show, Joking Not Joking­ gehou by die Steenberg High School.

“Ek het ele­mente­ soos dans en sing gemeng.

“Ek het toe nog nie geweet van bemarking nie en het die event mondelings geadverteer en deur posters. Die saal was stampvol.”

In 2018 was dit Joking Not Joking Part 2 met die tema “You know you’re Coloured”. En dié keer was dit saam met Ashur Petersen, die seun van Taliep Petersen, en Wayne McKay.

In Desember het Davids ook die draak gesteek met hoe bruin mense dinge doen oor Krismis met die show Funny Festive­.

Hy het gewys hoe mure geverf en vensters met asyn gewas word, die tradisie van gammon­, tong en trifle en hoe kinders altyd hul Krismisklere en hul namelekker-skoene die aand voor Krismis op die bed regsit.

Die dag ná Valentynsdag het hy ’n show oor die liefde gehost genaamd Love and Love.

Davids beplan om die Joking­ Not Joking­ show ’n jaarlikse instelling te maak, maar elke keer met ’n ander­ tema­.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters