13 dae gelede
#KYK: Nuwe web-reeks sal die rus versteur
Magtig: Monique Rockman speel “Donna”, Lee-Ann van Rooi speel “Helen” en Enrico Hartzenberg speel “Damon”.  ~ 

DAAR is ’n nuwe familie in die dorp – die Van Adamse.

Drie talentvolle akteurs was nog besig met ’n posh shoot en toe hulle weer sien, is ’n idee gebore vir ’n indrukwekkende nuwe web-series, Van Adamse.

Son op Sondag het onlangs met die teater-akteur Enrico Hartzenberg gesels oor sy splinternuwe web-reeks, wat binnekort op You­Tube gelaunch gaan word.

Enrico vertel ’n fotografie-familie van Roelse Events het hom vir ’n fotosessie genader.

Hy het toe twee van Mzansi se beste aktrises, Lee-Ann van Rooi en Mo­nique Rockman, genader om die shoot saam met hom te doen.

Enrico sê: “In die shoot moes ons lewe gee aan ’n skat­ryk familie met mag, maar daar is terselfdertyd iets wat besig is om te verrot.”

Lee-Ann voeg by: “Dit was veronderstel om net ’n photo shoot te wees, maar toe ons begin speel, en met al die prentjies en goed, het iets uitgekom. Iets anders het gebeur, want jy het mos nou drie akteurs saam met mekaar.

“Die karakters het begin vorm aanneem, ons het toe begin chat oor die storie en dit is hoe die web-reeks ontwikkel het.”

Die reeks gaan oor ’n animalistic familie wat sal doodmaak en jag vir hulle oorlewing.

Lee-Ann verduidelik grappig: “Dis ’n familie wat hustle.”

Ma

Enrico vertel die karakters in die reeks het heightened name soos Helen, met verwysing na die magtige Griekse godin van Troje.

“Helen” (Lee-Ann) in die web-reeks is die ma van “Damon” (Enrico) en “Donna” (Monique).

Die jong akteur van Sarepta in Kuilsrivier wei meer uit oor sy karakter in die aanlyn reeks.

“Damon is ’n gentleman wat die vrede in die familie bewaar.

“Hy is ontsettend lief vir sy ma en sy suster. Jy moet liewer nie aan sy familie raak nie. Hy sal vir jou kom.”

Lee-Ann vertel wat kykers kan verwag van die karakter Donna (gespeel deur Monique).

“Sy is baie sag en skrikkerig, maar sy doen ook wat gedoen moet word om kos op die tafel te sit.”

Enrico vertel hulle werk saam met ’n familie – die Roelses – wat hierdie reeks skiet.

Dan is daar ’n jong talentvolle make-up artist, Tazmane Le-ann Hoon, wat sorg dat hulle perfek by hulle karakters ineensmelt.

“So, na alle waarskynlikheid is dit ’n tipe gemeenskaps­projek. Die Roelse-familie gee selfs vir ons raad en ons almal belê ewe veel in die projek.

“Hier is geen hiërargie nie. Dit is ’n gemeenskapsprojek met styl.”

Lee-Ann sê met hierdie reeks wou hulle wegskram van karakters waarin gekleurde akteurs gewoonlik vasgevang word.

Dié suksesvolle aktrise het in van die beste shows, soos Fishy Fêsh­uns en Sara se Geheim, gespeel.

Sy sê in Van Adamse is daar nie die sogenaamde tradisionele bruin karakters, soos ’n antie wat ’n doek dra of ’n bruin man wat dwelms gebruik nie.

“Met hierdie projek wil ons Suid-Afrika wys ons kan iets different doen. Ons wil die styl en die genre change.

“Ons kan ook heightened karakters speel, en nie net in die teater nie, maar ook op die skerm.

“En dit is wat ons met hierdie web-series wil uitbring. Net oor jy in ’n bruin vel leef, beteken nie noodwendig jy hou nie van fantasy nie.”

Enrico, wat ’n groot mode-liefhebber is, vertel die wardrobe vir hierdie reeks is iets om oor huis toe te skyf.

Die stylvolle aktrise Crystal Donna Roberts, wat in Arendsvlei speel, maak seker die karakters is altyd flawless aangetrek.

Die reeks begin in September en dit bestaan uit 13 episodes.

Jy kan môre na die lusmaker-video van Van Adamse op ons sosiale media gaan kyk.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters