2 maande gelede
Nou kyk, hiér is ’n gebore musikant
beloon: Germaine Leonard se ouers, Jacoba en Riedewaan, woon sy gradeplegtigheid by UCT by. FOTO VERSKAF  ~ 

NIKS in die lewe kry my onder nie.

Só sê die gospel-musikant en musiekonderwyser Germaine Leonard (27) van George.

Leonard, wat oorspronklik van Manenberg is, het sy graad in onderwys vroeër vanjaar van die Universiteit van Kaapstad (UCT) ontvang. Hy gee nou musiek by sy alma mater, die Hoërskool George.

Leonard tree gereeld op in gospel shows en hy word baie op CCFM en Heartbeat FM in die Suid-Kaap gehoor.

Sy boodskap aan veral jong mense is dat ’n mens met volharding en toewyding die vrugte van jou arbeid sal pluk.

Leonard sê: “My geloof in God en die ondersteuning van my familie en vriende het my deur moeilike tye gedra.”

Hy vertel hy moes deurnag per bus reis om betyds in Kaapstad te wees vir sy eerste oudisie by UCT.

Hy sê sy eerste kitaar was een wat hy op ’n vullishoop opgetel het toe hy 10 was. Sy oupa het hom toe leer kitaar speel.

Inspireer

Leonard sê: “My ouers, Jacoba en Riedewaan, my oupa Koos en ouma Evelyn Phillips, my metgesel en die liefde van my lewe, Jasmene Pokwas, my pastoor, Thando Melane, en sy vrou, Mamiki­, en die Hoërskool George het my altyd bygestaan.”

Musikante wat Leonard inspireer is Jimmy Dludlu, Kirk Whalum, Cory Henry, Jonathan Butler en Richard Ceasar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters